Welcome (ou pas) to South Africa

Hier, je suis arrivée en Afrique du Sud, à Johannesburg. Je comptais passer mes quelques derniers mois de voyage dans ce pays que j’aime tant, mais, SURPRISE – je ne suis plus à une surprise près mais j’avoue que celle-là m’a bien surpris – je ne vais pas pouvoir le faire.

Problèmes de visa blablabla, je vais devoir quitter le territoire quelques jours/semaines avant d’y revenir. Qu’il en soit ainsi, même pas peur. Avec Marine, qui me rejoint dans quelques jours, nous avons choisi la Namibie. Nous pensons que c’est un plutôt-bon-plan-B.

Pierre, un ami Sud Africain qui parle mieux français que moi, avait traduit, il y a quelques mois, un texte de mon blog en afrikaans, l’une des 11 langues nationales du pays et l’une des plus parlées. Pour fêter malgré tout mon arrivée en Afrique du Sud de rêve et parce que son texte est incompréhensible – pour nous autres francophones – mais magnifique, le voici.

Afrika in al sy skakerings

Daar bestaan nie ‘n ding soos ‘n middellyn in Afrika nie. Daar geen tussen-in of gemiddeld nie. Afrika is of swart of wit. Dit laat ons Europeërs so grys lyk. Ons maak kompromieë, en ons voel gemaklik in daardie soort dubbelsinnige onduidelikheid, wat tog so eiesoortig is van die wêreld waarin ons lewe en waarin meeste van ons lewens sonder moeite inpas: Ons politieke partye is sentristies, ons koerante is gematigd, ons televisiestasies is gesuiwerd, ons debatte volgens die reëls gemodereer. Op skool word ons geleer om idees te ontwikkel, hulle te ontleed, en veral om hulle te sintetiseer. Ons trou graag, maar alleen as ons die opsie het om ook dan later te kan skei. Ons maak seker dat ons gesonde kos eet (verkieslik organies) en hou ons gewig dop, nie te veel nie, nie te min nie, net die regte hoeveelheid en verskeidenheid.

Afrika is nie gemaklik met grysheid nie. Dit is selfs een van die enkele veralgemenings wat ek myself sal toelaat om oor die vasteland te maak. Afrika is ‘n plek van uiterstes. ‘n Familie wat ‘n klein lappie grond bewerk sal elke dag, drie keer per dag, dieselfde kos eet, al oes hulle dalk meer as net een tipe gewas. So sal hulle byvoorbeeld net ugali in Kenya eet, of net rys in Burkina Faso, atiéké in Senegal, en injera in Etiopië. Die res van hulle oes sal hulle op die mark gaan verkoop of moontlik uitvoer.

Menslike verhoudings is oorweldigend vriendelik en warm, en elke dan en wan weer ongelooflik aggressief en gewelddadig. In Ghana en Tanzanië het al gesien hoe mense kliphard op mekaar sal skree in ‘n bus, en dreigend hulle arms na mekaar swaai met oë so groot soos pierings. Net as jy dink hulle gaan nou in mekaar vlieg, begin altwee van die lag te skater en die een bied aan om sy gebraaide mielie met die ander te deel.

Wanneer ek in die straat afloop word ek sonder faal gegroet. Die kinders lag vir my, mense roep my nader, ek word verwelkom en almal wil weet waar ek vandaan kom en waarheen ek oppad is. Soms ook, omdat ek ‘n vrou is en omdat ek alleen reis, sal ‘n jong laatie sy pêlle probeer beïndruk en my grof uitskel.

Natuurlik gebeur soortgelyke dinge ooral in die wêreld. Dit is nou maar ‘n universele verskynsel. Die verskil is dat ‘n mens hier, of jy nou in ‘n stad, op ‘n dorp of in die platteland is, skaars ooit verby iemand kan loop sonder dat ‘n woord gesê, ‘n blik uitgeruil, of een of ander gebaar gemaak word nie. Dit beteken dat ek elke dag male sonder tal gekonfronteer word met die 90% warm-vriendelike opsie of die 10% aggresief-vulgêre opsie. Daar bestaan nie ‘n ding soos anonimiteit nie. Niemand is deurskynend nie, en nog minder natuurlik as jou vel wit is en as jy so duidelik uitstaan as iemand wat van elders afkomstig is.

Wanneer jy in Afrika vir ‘n maaltyd in ‘n familie genooi word, bring jy niks saam nie. Jy kom met leë hande en dit is ‘n teken van respek. Want ‘n genooide gas is ‘n genooide gas, jy’s g’n soort halfgebakte gevreet wat wyn bring nie.

In heelwat lande in Afrika gebeur dit dat ‘n volwasse mens ‘n ander volwasse mens sal voer – soms letterlik, deur ‘n stukkie kos met jou hande reguit in die ander persoon se mond te plaas. Dit kan sommer so onverwags gebeur, en ek het al geleer om myself gereed te hou om verwarring en kostelike situasies te vermy… Dit is eintlik ‘n baie diep gebaar van iemand, ‘n kenmerk van daardie persoon se respek, waardering, en eerbetoon. Jy raak iemand anders se lewe en daardie persoon maak al sy deure vir jou oop. Geen halwe glimlag so deur die venster, of kans om om te draai nie.
Ek kom agter dat ek nogal baie die woord « baie » gebruik vandat ek my Afrika-reis begin het. Dit raak my gemoed ook. Ek is eufories, moeg, nuuskierig, soos in min ander plekke in die wêreld. Dit is tegelykertyd uitputtend en verhewend.

Ek onderhandel die prys van elke klein plesiertjie van die lewe hier in Afrika, behalwe vir ‘n klein blaaskansie, wat ek nie tot dusver kon kry nie. Ek het daardie werklikheid nou al ‘n ruk lank aanvaar, al droom ek so af en toe van ‘n klein bietjie grysheid. En dan, amper dadelik, ruk ek myself weer reg. Eintlik is ek lief vir swart en wit. En die duisende ander kleure wat ek elke dag hier ontdek.

Publicités

Laisser un commentaire

Entrez vos coordonnées ci-dessous ou cliquez sur une icône pour vous connecter:

Logo WordPress.com

Vous commentez à l'aide de votre compte WordPress.com. Déconnexion / Changer )

Image Twitter

Vous commentez à l'aide de votre compte Twitter. Déconnexion / Changer )

Photo Facebook

Vous commentez à l'aide de votre compte Facebook. Déconnexion / Changer )

Photo Google+

Vous commentez à l'aide de votre compte Google+. Déconnexion / Changer )

Connexion à %s